Sale!

Bybel in 366 Dae vir Meisies

R130.00 R110.00

2 in stock

Dogters tussen 8 en 12 kan ook nou saam­lees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. Die Bybel in 366 dae vir meisies se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwêreld en uitdagings van hierdie dogters.

Die Bybel in 366 dae vir meisies (met ’n pragtige kleur-uitleg – pers vir die meisies) sal dogters help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Verta­ling) saam met kort en kragtige oordenkings. Dogters kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groeps­druk, slegte keuses en vertroue op God.

Author

Publisher

Binding